
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Hierdie Fout Begaan Nie
1 Korintiërs 15:1-5 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
Ons leef in vreemde tye. Kyk nou na die afgelope twee jaar, sedert die COVID-pandemie ons getref het: Kyk net hoe anders is die wêreld vandag, as wat ons selfs vier en twintig maande gelede verwag het dit sou wees.
As jy nou terugkyk na die afgelope paar jaar, hoe het dit jou geraak? Watter dinge het jou verras? Was daar dinge wat jy nooit verwag het nie? Een van die dinge wat my verras het, is die verspreiding van die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus Christus, wat toegeneem het op maniere wat ek nooit sou verwag het nie.
Vir sommige mense het kerk 'n politieke beweging geword. Hulle het so erg behep geraak met politieke dogma en vergeet wat dit beteken om 'n dissipel te wees, wat sy kruis opneem en Jesus volg. Dis nie ‘n nuwe ding nie. Maar in hierdie laaste paar jaar het dit meer op die voorgrond getree, tot op die punt waar sommige mense wat hulself Christene noem, die Evangelie misbruik teen diegene met opponerende politieke en ideologiese sienings. Kom ons kyk wat die Evangelie oor die basiese beginsels sê in:
1 Korintiërs 15:1 tot 5 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
Die Goeie Nuus van Jesus Christus was nooit bedoel om as wapen gebruik te word nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY