God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Geregtigheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1926

Send us a text

Jesaja 26:9 Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is.

Dis voorwaar 'n vreemde ou wêreld waarin ons leef. Aan die een kant smag jou hart na God. Maar aan die ander kant word jy deur soveel boosheid en onreg omring, dat dit jou heeltemal deurmekaar maak.

Dit is 'n wonderlike ding om 'n hart te hê wat na God smag; wat daarna smag om by Hom te wees, wat elke oggend opstaan met 'n begeerte na God self.

Maar het jy al ervaar hoe jy in die oggend ‘n wonderlike intieme, vreugdevolle tyd met die Here deurbring, en die oomblik wat jy by die voordeur uitstap, tref die een of ander boosheid of onreg jou vol in die gesig en beroof jou van al daardie vreugde? Ja, ek het ook al. Maar ons is nie die eerstes om dit te ervaar nie, en ons sal beslis ook nie die laastes wees nie. 

Jesaja 26:9 Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is. (NLV)

Hierdie woorde is meer as twee en 'n half duisend jaar gelede deur Jesaja geskryf. Israel het afgedwaal van God. Hulle het valse gode aanbid en hul was boos. En tog was daar die profeet, Jesaja, wat te midde van dit alles na God verlang het. Hy het aan God getrou gebly. Hy het in sy gees verstaan dat eendag, wanneer God se geregtigheid na die wêreld kom, die mense sal leer hoe om billik en ordentlik te lewe.

Dieselfde geld vandag nog. Ons weet almal onreg en boosheid vier hoogty. Daar bestaan geen twyfel daaroor nie. Wat beteken dit vir jou? Hou jy aan om, te midde van wat om jou aangaan, na God te verlang? Verlang om by Hom te wees? Geniet Hom, hier, nou, vandag. Want eendag, op die bepaalde tyd, sal Hy in geregtigheid na die aarde kom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY