God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Oorverdowende Klank van Nederigheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1928

Send us a text

1 Petrus 3:9 -11 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na! (NLV)

Ek sorg dat ek die meeste van die tyd die nuus lees – plaaslik, nasionaal en internasionaal. Ek maak ook seker dat ek daagliks die Bybel, God se Woord, lees. Maar ek sê vir jou, die gaping tussen daardie twee word by die dag groter.

Die twintigste-eeuse teoloog, Carl Barth, het sy studente aangemoedig om 'n Bybel in die een hand en 'n koerant in die ander hand te hê. Dis goeie raad. Dit beteken dat jy van God hoor en verstaan wat in die wêreld aangaan. Maar nou moet ek bely dat ek party dae so kwaad word vir dít wat ek in die nuus lees. Hoe kan mense so optree? Hoe kan hulle so dom wees? Hoe kan hulle so boos wees? 

Ek voel onmiddellik iets, wat ons Christene graag "geregverdigde woede" noem, in my hart opkom. Ek sou hulle eerder graag aan flarde wou skeur! En weet jy, deesdae is dit deur middel van die sosiale media, binne ons bereik. Maar is dit regtig wat God wil hê ons moet doen?

1 Petrus 3:9-11 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na! (NLV)

Petrus skryf hier aan Christene wat destyds gruwelik vervolg is. En wat is die kern van sy boodskap? Nederigheid. Ja ek weet, daar is tye wanneer ons moet praat. Maar die geluid van nederigheid in hierdie luidrugtige, eiesinnige wêreld is oorverdowend.

Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY