God se Woord VARS vir jou Vandag

Pasop vir Vals Leraars

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1944

Send us a text

2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaadpraat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.

Wanneer ons iets met totale oorgawe glo, soos ek byvoorbeeld die Goeie Nuus van Jesus Christus glo, is daar 'n risiko. Daar is trouens, 'n groot risiko dat ons passie ons op die verkeerde pad kan lei.

Toe ek, nadat ek groot verraad beleef het, my lewe aan Jesus gegee het, was ek op 'n besonder kwesbare plek in my lewe. En net so angstig as wat ek was om in Hom te glo, was ek ook versigtig om nie in my kwesbaarheid, om die bos gelei te word en in een of ander kultus te beland nie.

Ek dank God dat Hy my na 'n klein kerkie gelei het waar die pastoor getrou, nederig en kragtig die Woord van God vir ons geleer het. Ek het dit destyds nie besef nie, maar in sy lewe, en in die lewens van die handjievol ander lede van hierdie oënskynlik onindrukwekkende kerkie, het dit alles oor Jesus gegaan, nie oor hulle nie. Maar dit is nie altyd die geval nie, selfs in sommige van die groot, klaarblyklik suksesvolle, groeiende kerke is daar skewe klemverskuiwings. Ons lees hierdie waarskuwing in:

2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaadpraat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.

Pasop vir dwaalleraars, hulle vestig die aandag op hulleself, eerder as op Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY