God se Woord VARS vir jou Vandag

Wat Is Goed?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1968

Send us a text

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God

Het jy opgelet hoe die wêreld deesdae daarop ingestel is om die lyn tussen goed en kwaad te laat vervaag? En dis maklik vir jou en vir my om in daardie proses meegesleur te word. Kom ons dink mooi. Wat presies is goed?

Toe ek 'n seun was, het my pa dit sy besigheid gemaak om my baie duidelik te leer wat goed en reg is en wat verkeerd is. Soms het dit behels dat sy belt taamlik driftig met my agterkant verbind het. En hoewel dit nie noodwendig 'n benadering is, wat ek vandag sou voorstaan nie, het sy oortuiging van “wie die roede spaar, bederf die kind"- 'n kragtige uitwerking op my gehad.

Jy het seker al besef dat ons hier in die 21ste eeu geneig is om kinders baie meer te bederf as voorheen … met die gevolg dat daar hele generasies grootword wat nie meer dieselfde sin vir reg en verkeerd het nie. Dis jammer, nè?

As ek jou dus sou vra om vir my kortliks te sê, wat dit beteken om goed te wees, wat sal jy antwoord? Terwyl jy oor daardie vraag nadink, kyk wat sê God in :

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dit is eintlik nogal eenvoudig. Goed beteken om billik op te tree en nie op ons eie regte aan te dring nie; om seker te maak ons tree regverdig teenoor almal op; of ons van hulle hou of nie. Dit beteken om ernstig te wees oor die wyse waarop ons vriendelikheid bewys. Dit impliseer dat ons nie oppervlakkig vriendelik is nie, maar passievol vriendelik optree. En dit beteken om in nederigheid met God te wandel – om Hom te eer, om Hom te gehoorsaam en om daarna te smag om Sy wil te ken en te doen.

Dit is die betekenis van goed.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY