God se Woord VARS vir jou Vandag

Om reg te laat geskied

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1969

Send us a text

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God

Gister het ons gesels oor wat dit beteken om in God se oë goed te doen. En een element daarvan is om geregtigheid te laat geskied. Kom ons gesels daaroor. Wat beteken dit eintlik vir ons, om reg te laat geskied?

Geregtigheid is nogal belangrik vir God. Want, as God God is, dan is daar sekere dinge wat jy van Hom sal verwag. Dis vanselfsprekend om te aanvaar dat Hy liefdevol sal wees. Ja, en as ons ‘n oomblik stilstaan en daaroor nadink, verwag ons ook dat Hy regverdig sal wees. Die twee gaan hand aan hand. 'n Onregverdige, despotiese God, kan kwalik liefdevol wees.

En hierdie eienskap van geregtigheid is iets wat Hy vir jou en my beveel om uit te leef.

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Ons dink gewoonlik aan ‘reg’ as 'n eienskap. Maar hier verander God dit in 'n aksie. Hy roep ons, nee Hy beveel ons, om reg te laat geskied. Wat beteken dit?

'n Paar jaar gelede het ons 'n baie moeilike werknemer in die bediening gehad. Hy was strydlustig en oneerbiedig, iets wat my geduld tot op die uiterste beproef het. As 'n span het ons vir meer as nege maande saam met hom gewerk, ons het berading met hom gedoen; hom aangemoedig; hom vermaan wanneer dit nodig was … en hom talle geleenthede gegee om homself reg te ruk.

Maar op die ou end het hy nie reggekom nie en ek moes hom afdank. Kyk, geregtigheid is nie altyd maklik nie, dit gaan nie altyd gepaard met liefies en soentjies nie. Maar dit is regverdig.

Wat vereis die Here van jou? Om geregtigheid te laat geskied.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY