God se Woord VARS vir jou Vandag

Om Bedagsaam Voor jou God te Leef

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1971

Send us a text

Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)

As ons een menslike eienskap moet identifiseer wat deesdae oënskynlik by baie mense ontbreek, sal dit … nederigheid moet wees; dit beteken om 'n beskeie opinie van jou eie belangrikheid te hê.

Ek het nou die dag 'n ontstellende artikel gelees. Die titel is: Wil jy meer selfversekerd klink? Taalkenners sê: Vermy hierdie elf woorde en frases wat jou “swak” laat lyk.

En weet jy, dat byna elkeen van daardie elf woorde, wat hulle voorstel dat 'n mens moet vermy, kom daarop neer dat jy elke gesindheid van nederigheid uit jou gesprek moet verwyder. Die wêreld se raad is dat jy arrogant en sterk moet klink, want nederigheid word deur baie mense as 'n swakheid beskou.

Maar kom ons kyk hierna vanuit 'n ander perspektief; uit God se perspektief.

Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)

Dink daaroor na. God beskou nederigheid nie as ‘n swakheid nie. Dit is nie eers 'n spesiale en besondere kenmerk om te hê nie. Dit is 'n fundamentele deel van wat dit beteken om goed te doen in God se oë.

Dit is egter nie net nederigheid op sy eie nie, maar nederigheid terwyl ons daagliks en uurliks saam met God deur die lewe wandel. Met ander woorde om dienswillig; sonder eiegeregtigheid, vir God te eer en Hom te gehoorsaam, terwyl ons ander bo onsself stel.

Dink net hoe anders sou diegene wat nog nie in Jesus glo nie, Hom sien en Hom beskou, as God se mense só geleef het?

Wat verwag die Here van jou? ...om nederig voor God te lewe.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY