
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Godsdiens wat die Vinnigste Groei
Jesaja 14:13,14 Jy het mos vir jouself gesê: 'Ek sal na die hemel toe opklim en my troon bo God se sterre neersit. Ek sal regeer op die godeberg ver in die noorde. Ek sal opklim tot in die hoogste hemele. Soos die Allerhoogste sal ek word.’(NLV)
Weet jy, mense sê die wêreld se vinnigste groeiende godsdiens is: wag - hou jou asem op … selfaanbidding. Ek het geen empiriese data om dit te rugsteun nie, maar kyk net om jou rond. Ek dink nie dit is verregaande om so iets te beweer nie.
Jy mag dalk betrokke wees in sosiale media? Miskien nie? Dit bied deesdae verskeie platforms vir self publikasie en self reklame. Daar is Instagram en Tik-Tok vir die jonger generasie en Facebook vir ons meer, sal ons sê, chronologies gevorderde mense.
“Selfies” is volop. Mense wys ons voortdurend net 'n fyn skyfie van hul lewens - die beste ou snytjie van die koek. As jy jou lewe vergelyk met al die "goeie goed" wat jou "vriende" oor hulself plaas, sal jy tot die gevolgtrekking moet kom dat jou lewe 'n absolute mislukking is.
In werklikheid is dit egter 'n onregverdige vergelyking tussen werklikheid en fantasie. Ja, selfaanbidding word inderdaad ‘n tendens wat vir baie mense heeltemal aanvaarbaar is. Maar dis niks nuuts nie, ons lees in:
Jesaja 14:13,14 Jy het mos vir jouself gesê: 'Ek sal na die hemel toe opklim en my troon bo God se sterre neersit. Ek sal regeer op die godeberg ver in die noorde. Ek sal opklim tot in die hoogste hemele. Soos die Allerhoogste sal ek word.’(NLV)
Dit is omstreeks 750 v.C. oor 'n koning geskryf. Dit word ook algemeen aanvaar as die verhaal van Satan se val uit die hemel. In beide gevalle is hulle sonde die begeerte om hulleself tot op God se vlak te verhef. Met ander woorde, om God te verdring - om Hom van sy troon af te stoot.
Is dit nie die definisie van selfaanbidding nie? En as jy so daarna kyk, is dit absoluut gek. Moenie in die mag van selfaanbidding ingesuig word nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY