God se Woord VARS vir jou Vandag

As Jy Lus Voel om Iemand te Klap

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1975

Send us a text

Efesiërs 4:2,3 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

Party mense kan so ongelooflik irriterend wees, nie waar nie? Jy beplan 'n dag van vrede en vreugde; jy wil God eer en dan … skielik kom die een of ander idioot en ruïneer alles. 

Dit het verseker al met ons almal gebeur en dit gaan beslis weer vorentoe gebeur. Daardie moeilike mense is oral om ons en hulle wil ons van die goeie en goddelike dag wat ons beplan het, beroof.

Ek het nou die dag die volgende baie snaakse boodskap op sosiale media gelees: My probleem is dat ek Jesus wil volg en terselfdertyd mense wil klap.

Ja, dit is komies, maar dis ook in die kol, nie waar nie? Dit spreek van ‘n dilemma wat ons almal soms in die gesig staar. Natuurlik wil ons vir Jesus volg. Ja, ons wil Hom eer. Maar my vriend, daardie krapperige mense maak dit so ongelooflik moeilik.

Nou ja, wat is die oplossing? Hoe versoen ons ons begeerte om Jesus te volg met die begeerte om die moeilike mense in ons lewens op hulle plek te sit?

Efesiërs 4:2,3 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

Die antwoord is dus om elke dag met 'n nederige en sagte gesindheid te benader. Vir jou kan dit natuurlik kom, maar ongelukkig nie vir my nie - met die gevolg dat dit iets is waaroor ek gereeld bid. En God verhoor daardie gebed deur Sy Gees van geduld en aanvaarding in ‘n mens se hart te gee.

En weet jy, daardie gevoel van God se vrede het 'n kalmerende uitwerking op jou. Hoe versoen jy jou begeerte om Jesus te volg en om mense te klap?

Vra Hom om jou in daardie situasies te help om altyd nederig en sagmoedig te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY