God se Woord VARS vir jou Vandag

Satan in die Eindtyd

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1976

Send us a text

2 Korintiërs 4:3-5 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus.

Elke dag, wanneer ek die nuus lees en sien hoe negatief mense teenoor mekaar optree, slaan die verskriklike boosheid van hierdie wêreld my voete onder my uit. Dit bring ‘n mens van stryk bring af en jaag jou die harnas in, nè?

Ek wil nie veralgemeen en te kenne gee dat almal boos is nie, maar soms kyk jy na die politieke, ekonomiese en sosiale stelsels waarin ons leef, en jy vra jouself af: hoe het ons tot op hierdie laagtepunt gekom? Hoe het ons, as mense wat na God se beeld gemaak is, so laag gedaal? En om dinge nog erger te maak, het ons nie slegs saam met die menigte gedaal nie, maar hulle gedrag toegejuig. Hoekom kan mense dit nie raaksien nie?

Weet jy, ons leef in 'n tyd waarin Satan nie eers meer die moeite doen om ondergronds te werk nie; en tog kan die wêreld hom steeds nie herken nie.

2 Korintiërs 4:3-5 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus.

Met ander woorde, ons kan die ongelowiges nie blameer nie. Satan het mense verblind vir die liefdevolle waarheid van die Goeie Nuus in Jesus Christus. As jy dan 'n gelowige is, as jy 'n dissipel van Jesus Christus is, moet dan nie daardie bose mense en bose stelsels daar buite blameer nie. Moenie hulle verdoem nie. Moet hulle nie vermy nie.

Hulle kan nie die lig van die Goeie Nuus sien nie. Vind eerder 'n manier om hulle lief te hê. Vind 'n manier om vir hulle te vertel dat Jesus Christus die Here is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY