God se Woord VARS vir jou Vandag

Moenie in die Slagyster Trap Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1977

Send us a text

Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos. 

Dit is soms maklik om in belaglike argumente ingetrek te word. Heeltemal te maklik. En voor jy weet, in plaas daarvan om Jesus te volg, in plaas daarvan om goed te doen, is jy in die slagyster van politieke dogma ingesuig.

As jy in Jesus glo en as jy ernstig is om Hom elke dag te volg, gaan die wêreld nie baie in hulle noppies met jou wees nie. En hierdie kritiek lei dikwels daartoe dat Christene die behoefte het om hulself en hul geloof te verdedig.

Maar weet jy jou verweer kom dikwels in wettiese, politieke en ideologiese argumente na vore. Philip Yancey stel dit so:

C.S. Lewis het opgemerk dat byna alle oortredings van die Christelike geskiedenis ontstaan het, wanneer godsdiens met politiek verwar word. Die kerk kon dikwels nie die versoeking weerstaan om in politiek, wat sonder genade funksioneer, betrokke te raak nie.

Ons lees in:

Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.

Dwase argumente is sinneloos en nutteloos. Het jy dit gesnap? Gebruik liewer jou lewe as getuie. Want dan gaan dit nie oor mag of daaroor om ‘n argument te wen nie. Dit gaan oor genade.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY