
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Waardeer ander se Bydrae
Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
Hoe voel jy as jy jou bes probeer en mense waardeer nie alles wat jy vir hulle doen nie? Jy voel misbruik, nie waar nie? En dan, as jy eerlik is, begin daar bitterheid in jou ons hart opbou.
'n Rukkie gelede het ons hier by Christianityworks 'n radioprogram vervaardig wat wêreldwyd versprei is. Ons moes dit vir een spesifieke stasie aanpas, sodat dit beter in hul uitsaai- formaat sou pas. Dit het bykomende tyd, moeite en onkoste meegebring.
En toe het ons eendag ontdek dat hulle dit vir meer as 18 maande, sonder om ons te vertel, nie uitgesaai het nie. Jy kan jou seker indink hoe dit gevoel het. Dit was ontstellend … nie die feit dat hulle nie meer die program uitsaai nie, maar dat hulle nie die ordentlikheid gehad het om ons in te lig dat ons nie meer die spesiale weergawe hoef te vervaardig nie.
Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
Kom ons beskou die saak: Die mense by daardie radiostasie is nie slegte mense nie. Inteendeel, hulle is fantastiese mense. Die eerste deel van daardie gedeelte is dus nie op hulle van toepassing nie - glad nie! Maar hoe maklik is dit, om in die besigheidswêreld, iemand per ongeluk oor die hoof te sien, en sodoende vir hulle die boodskap te stuur dat hulle nie waardeer word nie?
Dit is waarskynlik nie die boodskap wat ek en jy aan ander mense wil stuur nie; en ek weet dat dit ook nie die bedoeling van hierdie spesifieke radiostasie was nie. Maar dis hoe dit gevoel het.
Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY