God se Woord VARS vir jou Vandag

Oorwin die Goddelose

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 1986

Send us a text

Psalm 37:34-36 34 Vertrou die Here en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! (NLV)

Daar is geen tekort aan goddelose mense in hierdie wêreld nie. Hoegenaamd nie. En net ingeval jy gewonder het, is dit waarskynlik waarom jy hulle so dikwels raakloop.

Koning Dawid word erken as Israel se grootste koning, ten minste totdat 'n heel ander Koning - Jesus - ongeveer 'n millennium na Dawid se heerskappy op die toneel verskyn het. 

Een van die dinge wat ek so baie van hierdie man waardeer, is sy wonderlike psalms, wat ons in die Ou Testament vind. Hierdie Psalms was gedigte en het liedere geword wat die Israeliete as deel van hulle aanbidding van God gesing het.

Omdat dit gesing is, dink ons dalk dat die Psalms gevul is met lofprysing en aanbidding. Maar weet jy, Dawid het so ‘n moeilike lewe gehad, dat daar meer klaagpsalms as lofliedere is. En daardie moeilike lewe van hom was die gevolg van die goddelose mense wat hom op sy lewenspad geteister het. 

Ons lees in Psalm 37 hoe hy vertel wat gebeur as jy op die Here vertrou:   

Psalm 37:34-36 Vertrou die Here en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! (NLV)

Sien jy? Moenie die goddelose mense in jou lewe toelaat om jou lewe te verwoes nie, dit maak nie saak hoe sterk hulle voorkom nie. Hou net aan om te doen wat die Here sê en wag op sy hulp. Moenie twyfel nie, God sal hulle uitwis.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY