
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Ek is ‘n Blinde Dwaas!
Psalm 19: 13,14 Wie kan sy eie oortredings verstaan? Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings. (NLV)
Nie een van ons wil eers aan onsself, wat nog te sê aan die res van die wêreld, erken dat ons 'n blindekol in ons mondering, diep in ons siel het, wat ons lewens verwoes. Nie een van ons nie.
Ons trots veroorsaak dat dit moeilik is om ons blindekolle te hanteer. Party mense dra ‘n vrolike masker om die diep seer binne-in te bedek. Ander trek in hul dop terug met die wete dat iets binne nie reg is nie, al kan hulle nie heeltemal hul vinger daarop lê nie.
En die rede waarom ons dit so dikwels nie kan raakvat nie, is omdat 'n blindekol, per definisie, 'n probleem is wat ons nie self kan sien of uitpluis nie. Die vaardigheid om daardie blindekolle met hul verwoestende gevolge te hanteer, is om iemand anders se lig daarop te laat skyn om dit aan ons te openbaar.
Maar voordat dit kan gebeur, moet ons onsself verneder deur te erken dat iets verkeerd is en dat ons magteloos is om dit te hanteer. Dit is hoe die psalmis dit in sy gebed tot God stel:
Psalm 19: 13,14 Wie kan sy eie oortredings verstaan? Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings. (NLV)
Trouens, hy erken nie net dat hy 'n blinde dwaas is nie, maar hy spreek 'n begeerte uit om nie voortdurend in sy geheime sonde vasgevang te word nie. Sy pleidooi aan God is dit: ‘As U my help, kan ek rein en vry van sonde wees.’
En dit is presies wat God ook vir jou wil hê. Dit begin met 'n begeerte na verandering. Dit begin met 'n oop, nederige hart.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY