God se Woord VARS vir jou Vandag

Waarom Antwoord God Nie?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 2003

Send us a text

2 Petrus 3:8,9 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom. (NLV)

Teëspoed is soms 'n bedekte geleentheid. Nee wag, laat ek meer spesifiek wees. Soms is teëspoed 'n versteekte God-geleentheid. En wanneer ons dit vinnig wil weg wens, vertraag God dinge.

Ek is seker jy het dit ook al ondervind? Jy gaan deur 'n fase wat jy liewer nie wil deurmaak nie. Jy bid vurig dat God gou ‘n oplossing moet gee, maar hierdie rowwe kol verander in 'n uitgebreide wildernistoer wat regtig geen sin maak nie.

Dit was hoe dinge met die Christene gegaan het, vir wie die apostel Petrus destyds geskryf het. Hulle is op in alle opsigte gruwelik vervolg. Destyds het hulle geglo dat Jesus vinnig sal kom om hulle te red, miskien selfs nog volgende Donderdag. Maar dít is wat die Heilige Gees deur Petrus tot hulle gespreek het in:

2 Petrus 3:8,9 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom.(NLV)

En hier is ons, 'n paar duisend jaar en baie Donderdae later, en ons wag nog steeds vir Jesus om terug te kom. Nie omdat God stadig is om sy beloftes gestand te doen nie, maar omdat Hy mense elke geleentheid wil gee om hul lewens te verander, sodat hulle die ewigheid saam met Hom kan deurbring.

Soms dink ons God vertraag dinge (of ten minste is dit hoe dit vir ons met ons beperkte insig voel) omdat Hy 'n groter doel het. Soms gaan daardie groter doel oor ons, ander kere gaan dit oor iemand anders. Vertrou Hom; hoe dit ook al sy. Sy tydsberekening is altyd perfek.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY