
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Onverwags Sondig Nie!
Spreuke 14:17 Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat 'n agterbakse mens. NLV:
Ons doen soms op die ingewing van die oomblik dom dinge. Alles het klopdisselboom gegaan op ‘n rustige dag en toe skielik gebeur dit! Iets veroorsaak ‘n sneller wat ‘n golf van wisselvalligheid veroorsaak wat ons halsoorkop in die arms van die sonde injaag.
Dis ongelooflik hoe vinnig 'n perfekte dag in 'n nagmerrie kan ontaard, bloot omdat iets ons ontwrig het. Iets het ons miskien aanstoot gegee of iets het 'n ou wond se roof afgekrap en 'n uitbarsting tot gevolg gehad wat niemand, allermins onsself, verwag het.
Spreuke 14:17 Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat 'n agterbakse mens. (NLV)
Kyk mooi, koning Salomo praat hier van twee verskillende soorte boosheid. Die soort wat op die ingewing van ‘n ontwrigtende oomblik gebeur, en die soort wat langs die oppervlak borrel, terwyl ons agteraf wraak beplan. Ons sal môre oor daardie tweede een gesels. Kom ons fokus vir eers op die eerste een.
Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge.
Hier moet ek bely. Ek is van nature 'n vinnige mens. Ek doen alles vinnig. Ek dink vinnig. Ek stap vinnig. Ek reageer vinnig. Dit is net wie ek is. Miskien is jy nie so nie. Miskien dink jy mooi voordat jy reageer. Maar ten spyte hiervan, is daar tog 'n handjievol dinge wat jou bloed laat kook.
Wat is die dinge wat jou verkeerd laat optree? Wat is die snellers wat veroorsaak dat jy so erg reageer? En hoe goed het jou verkeerde optrede in die verlede vir jou gewerk? Het dit ‘n positiewe uitwerking op jou verhoudings en reputasie gehad?
’n Vinnige humeur laat ons dom dinge doen.
Identifiseer die dinge wat jou ontstel. Beplan 'n ander reaksie. En hou op om dom dinge te doen.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY