
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Groot Fout
Johannes 17:3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.
Een van die grootste foute wat ‘n Christen; iemand wat in Jesus glo, kan maak, is om dít wat bedoel is om 'n lewenslange, inderdaad 'n ewige verhouding te wees, in 'n godsdiens te verander; dit wil sê om die verhouding bloot in 'n klomp reëls te verander.
Ja, ons weet almal daar is reëls in enige verhouding, beide gesproke en onuitgesproke reëls. Daar is reëls in 'n huwelik oor hoe man en vrou mekaar moet behandel. Daar is baie beslis reëls rondom getrouheid – ek gaan byvoorbeeld nie vir ete saam met 'n ander vrou uit nie. Dis tog voor die hand liggend.
Maar wanneer 'n huwelik verander in 'n situasie wat net daaruit bestaan om ‘n klomp reëls te volg, is dit tog nie meer ‘n huwelik nie, nè? In so ‘n situasie word passie deur verpligting vervang. Verhouding word vervang deur … wat?
En tog is dit uiteindelik waar die ‘geloofspad’ van menige Christen beland. Soos A.W. Tozer dit stel:
Die moderne wetenskaplike het vir God, te midde van die wonders van Sy wêreld, verloor, en ons Christene loop die gevaar om God, te midde van die wonders van Sy Woord, te verloor.
Dit is die grootste fout wat ons ooit kan maak – om God se Woord te lees asof dit 'n klomp reëls is, eerder as 'n liefdesbrief wat Hy vir ons geskryf het. In sy wonderlike gebed in die tuin van Getsemane net voordat Hy gearresteer en gekruisig is, het Jesus dit so gestel:
Johannes 17:3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.
Let asseblief daarop dat Jesus nie die ewige lewe gedefinieer het as: om van God te weet nie, maar as om God te ken. Met ander woorde om 'n werklike verhouding met Hom te hê. En jou ewige lewe begin hier, nou. Ken God!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY