
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewende Hartklop van Geloof
Jeremia 33:3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.
"Godsdiens" is 'n woord waarvoor ek eerlikwaar terugdeins. Want dit hou baie negatiewe emosies vir my in. Dit praat van rituele en reëls, klokke en reuke, as jy dit so wil stel, wat presies die soort steriele Christendom is, waarin ek grootgeword het.
En laat ek jou iets baie ontstellend vertel: nie net het daardie steriele namaaksel niks vir my gedoen nie, maar dit het my vir baie jare téén die Christendom, téén God en téén Jesus ingeënt. Trouens, dekades lank.
Ongelukkig is daar vandag nog baie mense wat hulself Christene noem, net omdat hulle ‘n verpligting teenoor die godsdiens, wat deur hul ouers aan hulle oorgelewer is, voel. Of, miskien, was hulle verhouding met Jesus aanvanklik wonderlik, tot dit uiteindelik vervang is deur ‘n hoogdrawende stel streng reëls om te gehoorsaam.
Kontrasteer daardie tragiese wettisisme teen hierdie eenvoudige stelling van God aan sy mense:
Jeremia 33:3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.
Hoor jy die passie in daardie vers? Daar is in die groot en magtige hart van God 'n verlange na sy volgelinge. ’n Verlange wat eenvoudig nie in die harte van soveel Christene beantwoord word nie. In skrille kontras het A.W. Tozer geskryf dat:
Die voortdurende en openlike wisseling van liefde en denke tussen God en die gees van die verloste mens, die kloppende hart van Nuwe-Testamentiese godsdiens vorm.
As ons nou praat van 'n "godsdiens" met 'n kloppende hart; met 'n passievolle uitruiling tussen die Skepper en sy skepsel; dan is dit iets waarby ek aansluiting kan vind. Dis iets wat ek wil hê. Wat van jou?
Moenie toelaat dat jou passie vir God deur passielose godsdiens afgestomp, gepaai en beroof word nie. Roep Hom aan en Hy sal jou antwoord!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY