
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hunker na God
Psalm 42: 2,3 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
Daar is 'n ontstellende wanbegrip wat vandag onder Christene voorkom. Dit gaan oor die verskil om gered te word en om die gawe van die ewige lewe te hê. En ek vermoed dat baie mense op die oordeelsdag ontnugter gaan word.
Nou goed, as ek jou vra, of jy in Jesus glo. Is jou antwoord miskien "ja". Mooi. Tik die boksie. Nou ja, wat is die probleem? Hier is hoe A.W. Tozer dit stel:
Die leerstelling van vryspraak deur geloof is inderdaad 'n Bybelse waarheid. Die beginsel is dat dit die mens van ‘n steriele wettisisme en vergeefse verantwoordelikheid vrymaak. Maar dit het in ons tyd sy betekenis verloor, deurdat dit maklik geïnterpreteer word op so ‘n manier dat dit mense eintlik van die kennis van God weerhou. Godsdienstige bekering het meganies geword. Jy kan jouself as ‘n gelowige beskou sonder 'n verandering in jou morele lewe en sonder skuldbesef oor jou sondige natuur wat van Adam af kom. ‘n Mens kan Christus ‘ontvang’ sonder om enige spesiale liefde vir Hom te hê. Die persoon is “gered”, maar hy is nie honger of dors na God nie. Trouens, hy word eintlik geleer om tevrede te wees en selfs aangemoedig om met min tevrede te wees.
Hier kom ons by die kernvraag: Het jou geloof in Jesus jou lewe verander, of is die ou "jy" nog springlewendig en sterk? Het jy jouself met passie aan Hom verbind, of trek die aanloklikhede van die wêreld jou nog steeds weg?
Psalm 42: 2,3 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
Die hart wat smag na Christus is seker van sy redding. Die een wat nie na Hom smag nie, is nie. Smag dus na Hom!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.