God se Woord VARS vir jou Vandag

Wanneer dit Moeilik is om Lief te hê

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 2052

Send us a text

Matteus 5:43-45 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

Van tyd tot tyd kom ons almal mense teë wat ons die harnas in jaag – dalk selfs mense wat ons aanstoot gee, verkleineer of probeer om ons skade aan te doen. Ons wens dit was nie die geval nie, maar ongelukkig is daar sulke mense in ons lewe. Nou ja, wat doen jy met hulle? Hoe hanteer jy hulle?

Party van ons is meer sensitief as ander. Ek is redelik dikvellig. Maar ander mense, soos my pragtige vrou, wat saggeaard en liefdevol is, kry maklik seer. Dit maak nie saak hoe jy bedraad is nie, eendag is eendag wat daardie buffels daar buite jou sal probeer seermaak.

Hoekom kan hulle nie soos al die ander gawe mense in jou lewe wees nie? Hoekom het hulle ‘n obsessie om vyandig teenoor jou te wees? En hoe gaan jy hulle hanteer?

Matteus 5:43-45 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

Wat ons dikwels wil doen, is om ons vyande te haat en om hulle terug te betaal – hetsy openlik of net heimlik. As alternatief kan ons hulle vermy, verwerp of straf ... dit is immers tog maar net menslik...

Maar Jesus het ons iets anders geleer. Hy het ons geleer om vir hulle te bid. Dit gaan so teen die grein, nie waar nie? Maar … doen dit, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. 

Bid vir julle vyande.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY