God se Woord VARS vir jou Vandag

‘n Betekenislose Geloof

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 2082

Send us a text

1 Korintiërs 15:11-14 In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het. As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.

Deur die eeue heen is die vraag oor die werklikheid van Jesus se opstanding heftig gedebatteer. En deesdae beskou baie mense dit as 'n mite. Ag nee, jy kan nie ernstig wees nie - opstanding uit die dood? Komaan!

Maar weet jy, daar is vandag baie goeie mense wat hulself Christene noem, wat nie in die fisiese opstanding van Jesus glo nie en dit heeltemal verwerp. Ander Christene vind dit weer so vreemd; so ver buite hul verwysingsraamwerk, so bo-natuurlik … dat hulle dit eenkant toe skuif - ek wil regtig nie daaraan dink nie.

Dit is egter niks nuuts nie. Trouens, dit kom al ‘n lang pad. Dit het alles begin, kort nadat Jesus op aarde geleef het, gekruisig is en weer opgestaan het. Paulus berispe die Korintiërs oor hierdie selfde onlogiese argumente in: 

1 Korintiërs 15:11-14 In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het. As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.

Dit is baie reguit gestel, nè? As Jesus nie uit die dood opgewek is nie, sal jy of ek, of enigiemand anders wat Hom vertrou, ook nie sy belofte van die Ewige Lewe ontvang nie.

Die opstanding van Jesus is iets wat jy nie kan ignoreer nie, tensy jy natuurlik jou Ewige Lewe wil prysgee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY