God se Woord VARS vir jou Vandag

‘n Ierse Seëngroet

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 2094

Send us a text

Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.

Hoe dikwels het iemand iets positief oor sy vyande te sê? Trouens, hoe dikwels sê jy iets goeds oor jou vyande? Ek skat nie so gereeld nie. Dit is nie omdat ek jou wil beskuldig nie. Dit is maar hoe ons is, nè?

Christene hou daarvan om die woord “seën” … baie te gebruik. Almal wil tog God se seën ontvang, nie waar nie? Een van die Griekse woorde wat in die Nuwe Testament vir seën gebruik word, is eulogia. Dit beteken om goed te praat van iemand of om iemand te prys, soos ons sien in 'n lofrede by 'n begrafnis. En dit is daardie woord wat in hierdie Bybelversie voorkom:

Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.

Vanuit God se perspektief vorm die beginsel om goed te praat van jou vyande en om hulle te seën, ‘n eenheid. Die keuse om jou vyande te seën, is iets wat in die hart begin. Die Iere het 'n pragtige seëngroet wat so lui:

Mag die pad jou tegemoet kom.

Mag die wind altyd van agter kom.

Mag die son warm op jou gesig skyn.

Mag die reën sag op jou velde val,

en mag God jou in die palm van sy hand hou

totdat ons mekaar weer ontmoet,

Stel jou voor dat jy in jou hart, met jou woorde, in jou dade en in jou gebede daardie seën oor jou vyande uitspreek. Hoe anders sou jou houding teenoor hulle nie wees nie? Hoeveel meer vrede en vreugde sal jy nie in jou lewe hê nie? Hoeveel genesing sal dit nie vir jou verhouding met hulle bring nie?

Spreek goeie wense uit oor diegene wat jou sleg behandel. Vra God om hulle te seën en nie om hulle te vervloek nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY