God se Woord VARS vir jou Vandag

Dit Is Heeltemal Verregaande

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 2112

Send us a text

Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)

Oor die jare het ek baie mense ontmoet, wat op plekke woon waar hulle nie vryheid van spraak het nie. Wat my ontstel het terwyl ek na hul stories geluister het, is hul diep gevoel dat dinge onregverdig is.

 

Vryheid van uitdrukking is iets wat die meeste van ons as 'n fundamentele mensereg sal beskou. En tog word daar vandag, selfs in samelewings wat hulself as oop en ruim-denkend beskou, vryheid van spraak vinniger as wat ons dink, afgetakel. Sir Winston Churchill het dit jare gelede nogal profeties gestel:

 

Sommige mense se idee van vryheid van spraak is dat hulle vry is om te sê net wat hulle wil, maar as iemand anders iets terugsê, voel hulle beledig.

 

En dit is baie dikwels hoe dinge vandag in gesprekke verloop. Ja, waar die een groep mense dink net hulle is reg, het beskaafdheid, liefde en begrip so te sê verdwyn.

 

Die diskoers handel dikwels oor Christenskap; oor jou en my geloof in Jesus en oor die dinge wat God reg en verkeerd noem. Die opponerende magte probeer ons blokkeer; hulle wil ons verhoed om die waarheid te praat. Nou, hoe reageer ons dan? Deur terug te skree?

 

Ek dink nie so nie. Jesus sê in:

Matteus 7:12Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)

 

Dink mooi: hoe sou jy wou hê dat jou teëstanders - diegene wat heeltemal ander sienings as jy het, diegene wat jou kritiseer en verkleineer - jou behandel?

 

Wel, jy het gehoor hoe Jesus wil hê jy moet hulle behandel.

 

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY