God se Woord VARS vir jou Vandag

Deel die Onpopulêre Evangelie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 22 Episode 2118

Send us a text

2 Korintiërs 12:10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Die Kersseisoen is 'n tyd wanneer ons meer as ooit gedurende die jaar ‘n lisensie het om oor Jesus te praat – wie Hy is, hoekom Hy gekom het en die kragtige verskil wat Hy aan ons lewens kom maak het. Dit is 'n spesiale tyd.

Nie almal wil die Goeie Nuus van Jesus hoor nie. Trouens, sommige mense raak sommer aggressief as jy net sy Naam noem, nè? Sommige van hulle sal jou vertel jy is belaglik en jou verneder, of jou selfs vervolg wanneer jy oor Christus praat. Die Bybelse Christen boodskap is in baie kringe taamlik ongewild. Dit is miskien selfs by diegene met wie jy jou Kersfeesviering gaan deel, onwelkom.

Die versoeking is baie groot om die boodskap af te water en om vir hulle 'n warm, sagte, donsige, Jesus-agtige Kersfees “voor te sit.” Maar die keersy van die muntstuk is dat die gewilde Kersfees, soos dit deesdae gevier word, heeltemal onbybels is.

Die geheim is om, terwyl geskenke om die Kerstafel of -boom uitgedeel word - of hoe ook al Kersfees in jou kontrei gevier word - taktvol te wees. Ons weet ons moenie godsdiens in mense se kele afdruk nie. Tydsberekening is baie belangrik.

Maar terselfdertyd moet ons ook nie (as ons werklik in Hom glo) die Goeie Nuus van Jesus afwater nie. Ons moet ook nie verbaas wees wanneer mense ons haat omdat ons van Jesus praat nie. Die apostel Paulus sê in:

2 Korintiërs 12:10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Dit is waar dat mense opstandig kan reageer wanneer jy Jesus se liefde met hulle deel, maar wees dapper en soek in elk geval 'n geleentheid om dit te deel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY