God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Here is Betroubaar

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2147

Send us a text

2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV) 

Gister het ek 'n bietjie vertel van wat alles betrokke is by die vervaardiging van hierdie daaglikse boodskappe en wat dit verg om dit aan letterlik miljoene mense dwarsdeur die wêreld, wat dit elke dag kyk, luister of lees, beskikbaar te stel.

Ek deel dit nie om te spog nie. Nee, beslis nie - ons het baie foute langs die pad begaan! Nee, ons roem op die Here, in dit wat Hy deur FRESH /VARS gedoen het, maar nog belangriker, op dit wat Hy in staat is om in jou lewe te doen.

2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV)

Waarom begin hierdie vers met die woord “Maar”? Wel, dit volg op wat die apostel Paulus in die vorige gedeelte geskryf het oor sy bediening, waar hy deur baie lyding die goeie nuus van Jesus dwarsdeur die bekende wêreld verkondig het.

Ons weet tog almal dat nie alle mense ontvanklik vir die Goeie Nuus van die Here is nie. Ons het net gister gelees: nie alle mense kan vertrou word nie. Glo my, ons ervaar dit daagliks. Die klein Christianityworks-spannetjie wat hierdie boodskappe in 11 tale, onder andere in Afrikaans, vervaardig, ondervind groot teenstand – in sommige lande vervolging, selfs lewensgevaar, terugslae en aanvalle van die vyand.

Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.

Ek wil vandag vir jou sê dat dit ook op jou lewe van toepassing is. Dit maak nie saak watter teenstand jy in die gesig staar nie, dit maak nie saak met watter probleme jy worstel nie, dit maak nie saak hoe moeilik dit op die oomblik gaan nie. 

Maar die Here is getrou! Hy sal jou sterk maak en van die Bose bewaar.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY