God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Lewe is Nie Veronderstel om Maklik te Wees nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2150

Send us a text

Matteus 4:1,2 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. 

Versoeking het hierdie neiging om jou te bekruip sonder dat jy dit sien kom. En dan, ewe skielik, is daar ‘n kolskoot! Jy sondig. En dan is jy verbaas oor waar de drommel dit vandaan gekom het!

As dit ooit al met jou gebeur het, en as dit aanhoudend met jou gebeur, laat ek jou dan gerusstel, jy is nie alleen nie! Dit gebeur met ons almal, want versoeking wyk nie. Dit gaan net aan en aan en aan … jou vyand, die duiwel, gee nooit, ooit … ooit moed op nie. Dit het selfs met Jesus gebeur. Ons lees in:

Matteus 4:1,2 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

Pas na Jesus se bo-natuurlike doop, waar die Gees soos 'n duif op Hom neergedaal het en die hemel oopgegaan en God gesê het: "Dit is my geliefde seun in wie Ek 'n welbehae het," … is Jesus deur die Heilige Gees die woestyn ingelei. In die Evangelie van Markus lees ons dat Jesus veertig dae en veertig nagte daar gevas het. Hy was, soos ons seker kan dink, op ‘n groot laagte punt en op sy kwesbaarste toe Hy deur die duiwel versoek is.

As dit met Jesus kon gebeur, hoeveel te meer kan dit nie met mense soos ons gebeur nie? Waarom is ons so verras wanneer versoeking sy lelike kop in ons lewens uitsteek?

Daar sal nie 'n dag verbygaan waarop die versoeking om te sondig, nie oor jou pad sal kom nie. Ja, sonde is altyd baie aktief, dit is altyd verleidelik en aanloklik, dit probeer altyd om ‘n voet in die deur te kry. Moet dus nie toelaat dat dit jou verras nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY