God se Woord VARS vir jou Vandag

Wat sal ‘n Knuppel in jou Hoenderhok Gooi?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2154

Send us a text

Matteus 4:12,13,17 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali… Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” 

Daar is, in die wêreld daar buite en ongelukkig selfs onder God se eie mense, 'n duidelike vlak van onkunde oor Jesus: Wie Hy volgens die Woord van God is, wat Hy vir die mense geleer het en wat Hy gedoen het.

As jy wil hê jou lewe moet gemaklik voortvloei, sonder te veel kabbels of onderbrekings, sonder te veel eise en te veel uitdagings, dan is, om in onkunde voort te leef oor die ware aard van Jesus, waarskynlik die beste ding vir jou om te doen. Beslis. Om in hierdie ongekompliseerde, luilekker lewe saam met dié Jesus van jou verbeelding voort te dryf; is waarskynlik die beste vir jou, eerder as om saam met die Jesus van die Bybel te leef … totdat daardie hele illusie eendag om jou in duie stort.

Want glo my, een of ander tyd sal dit. Op een of ander stadium sal die gemeenheid van hierdie wêreld, of jou eie sonde, of meer waarskynlik al twee saam, ‘n knuppel in jou hoenderhok gooi en dan sal die vere behoorlik waai.

Matteus 4:12,13,17 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali… Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Maar weet jy, wanneer daardie hele proses van “bekering” - om weg te draai van die dinge wat jy weet verkeerd is, en om uit jou plek van veiligheid te kom, wanneer teëspoed (soos Johannes in Jesus se tyd gearresteer is) jou tref - gaan dit beslis die knuppel in jou hoenderhok gooi. Wees gewaarsku, die lewe gaan nie verloop soos jy beplan het dat dit gemaklik sal voortvloei nie.

Ja, my vriend, dit is baie beter om Jesus toe te laat om jou op die regte koers te stuur, as om toe te laat dat jou goddelose weë jou vernietig.

"Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.

 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY