God se Woord VARS vir jou Vandag

Deernis en Begrip

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2160

Send us a text

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 

Oor die jare het nasionalisme – wat in sy kern eintlik gaan oor die belange van ‘n spesifieke groep – meer moeilikheid, meer pyn, meer oorloë en meer dood veroorsaak as wat enigeen van ons ooit sou kon voorspel. Hoekom is dit?

Vandag vier twee baie uiteenlopende lande hul nasionale dag; hulle is Indië en Australië. Indië herdenk die dag toe hulle die boeie van Britse koloniale heerskappy afgegooi het en 'n soewereine, demokratiese nasie geword het. Australië daarenteen, vier die geboorte van ‘n moderne nasie met die landing van wit Britse setlaars by Sydney Cove.

Dis twee baie uiteenlopende gebeurtenisse wat gevier word. In Australië veroorsaak dit konflik; aangesien talle mense vra dat hierdie, Australië-dag, afgeskaf moet word, as gevolg van hoe sleg die wit setlaars die oorspronklike inwoners van die land oor baie jare behandel het.

Maar nou-ja, wat doen ons daaraan? En hierdie konflik is nie uniek aan Australië nie, dit word dikwels op verskillende maniere dwarsoor die wêreld ervaar. Die vraag bly dus ... wat de drommel doen ons daaraan? Want as ons die saak van alle kante ondersoek, kan jy die argumente vir beide kante sien.

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Genade, nederigheid, deernis, begrip, vergifnis. Dit is God se antwoord wanneer daar konflik tussen verskillende groeperinge of rasse bestaan. Dit is wat ons gesindheid in hierdie era van identiteitspolitiek moet weerspieël.

Genade, nederigheid, deernis, begrip, vergifnis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY