God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Toekoms Wink

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2174

Send us a text

Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

Kan ek vandag pynlik eerlik met jou wees? Ek dink nie dat diegene van ons, wat onsself Christene noem, enigsins genoeg tyd spandeer om opgewonde te raak oor die Goeie Nuus van Jesus en Hom genoeg daarvoor eer nie.

Ek onthou 'n dosent van my – Ian Pennicook – van jare gelede, toe ek nog in die Bybel Kollege was, wat elke keer wanneer hy van die Kruis van Christus gepraat het, in sy trane verstik het. Die erns van dit wat Jesus vir hom gedoen het, het hom totaal oorweldig.

Ek onthou hoe hy eendag, deur sy trane, gesê het: “Ek is jammer. Ek kan nie sommer net oor die kruis praat nie. Ons moet roem in die kruis.” Die erns van daardie stelling het sedertdien by my gebly. Deur al die voor- en teëspoed, deur die sleurwerk van die alledaagse, het die loutere heerlikheid van die Kruis van Christus my hart gevul.

Maar nie net dit nie. Vir almal wat in Jesus glo, hulle sonde bely en weggedraai het van dít wat hulle weet verkeerd is, gaan daardie heerlikheid tot in alle ewigheid na hul lewens oorspoel.

Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

Alles wat Christus aan die Kruis verwerf het, sal vir alle ewigheid deur Sy krag, ons s'n word.

Ek weet nie wat jou omstandighede is nie – dalk is vandag een van daardie alledaagse dae vir jou, of dalk is jy gedaan, of dalk verkeer jy in ‘n desperate wanhoop – maar watter soort dag jy ook al beleef, onthou die Kruis. Beroem jou daarop. En weet jy, dat daardie heerlikheid vir ewig en altyd joune sal wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY