God se Woord VARS vir jou Vandag

Leen Sonder Om Iets Terug te Verwag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2192

Send us a text

Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. 

In vandag se tyd is die verwagting dat wanneer jy in iets belê, jy 'n opbrengs moet kry. Dit is tog immers wat die wêreldekonomie, aan die gang hou. Ek leen jou geld, en jy betaal my die kapitaal plus rente terug. Dit is die ooreenkoms.

Wanneer dit by die ekonomie kom, is so ‘n ‘transaksie’ billik. Maar wat gebeur in ons interpersoonlike verhoudings? Wanneer jy iemand, byvoorbeeld, ‘n hupstootjie by die werk gee; wanneer jy uit jou pad gaan om ‘n persoon te ondersteun of hom op een of ander manier help, watter teenprestasie verwag jy in ruil daarvoor, hm?

Dit klink mos reg? Ons is so geneig om die lewe op dié manier te benader: as ek 'n belegging maak, moet ek 'n opbrengs kry. Maar kyk hoe Jesus die hele idee van ‘n ‘redelike transaksie’ op sy kop draai met hierdie radikale uitspraak:

Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

Asof dit nie genoeg is om jou vyande lief te hê en goed te doen teenoor hulle nie, gaan Jesus voort om ons verwagting van 'n opbrengs op belegging te ondermyn. Ja-nee, dit kanselleer die mees fundamentele, van beide die ekonomiese en die interpersoonlike verwagtinge uit.

Leen sonder om iets terug te verwag - dit is die slegte nuus. Maar wat is die goeie nuus dan? As jy dit doen, sal jy 'n groot beloning hê. Jy sal ‘n kind van die Allerhoogste God wees.

Hoe wonderlik is dit nie wanneer ons stilweg in iemand anders belê en niks van hulle terug verwag nie, net om dan om die volgende draai te ontdek dat God ons op die mees onverwagte wyse seën?

Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY