God se Woord VARS vir jou Vandag

Gehoorsaam Sonder Teëpraat

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2196

Send us a text

Titus 3:1,2 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.

Om met ons politieke leiers te spot, het vir baie mense in die samelewing deesdae ‘n soort van nasionale tydverdryf geword. Om nie eens te praat van hoe ons almal gereeld oor hulle kerm en kla, hulle aanval, ondermyn en verkleineer nie. Party mense sal sê … ons het goeie rede daarvoor.

Is dit regverdig en redelik vir ons om ons leiers so te kritiseer? Vir diegene wat in demokrasieë woon, is dit redelik maklik om dit openlik te doen. Vir ander, wat onder streng politieke stelsels leef, kan opstande in die geheim plaasvind, maar of jy nou in jou hart brom of openlik murmureer, dit het dieselfde effek op jou gemoed. Dit vreet jou soos 'n kanker op.

In die 1ste eeu nC het Christene baie swaar gekry. En in daardie konteks, kom hierdie Woord van God na hulle:

Titus 3:1,2 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.

Daar is nie 'n enkele regering in die wêreld wat altyd goeie en goddelike wetgewing maak, waardeur mense altyd eerbaar en regverdig behandel word nie. As ons kyk na God se ongelooflike liefde en absolute volmaaktheid, was alle regerings van die begin af, onvolmaak. Gegewe daardie werklikheid, laat ons net hierdie gedeelte weer lees en dit laat insink:

Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY