God se Woord VARS vir jou Vandag

Outydse Wysheid (3)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2209

Send us a text

Titus 2:5 ...en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)

Goed, vandag … vandag kry jy 'n super dosis van die polities aanvegbare medisyne. En dit kom reguit uit God se Woord. Trouens, dit is ‘n twispunt tussen 'n Bybelse en 'n hedendaagse sekulêre wêreldbeskouing.

 

Ja, ons praat inderdaad van die rol van 'n vrou in vandag se wêreld. Wel, dit hang nogal baie daarvan af waar jy vandaan kom. Kulture het verskillende uitgangspunte in hierdie verband. Deesdae is daar al hoe meer dames wat twee rolle vertolk – dié van 'n beroep en ook dié van tuisteskepper.

 

Gister het ons gesels oor die rol van die ouer vroue om rolmodelle vir die jonger vroue in die samelewing te wees en om hulle te leer wat goed is. Maar nou kom ons by die intens, polities aanvegbare gedeelte in:

 

Titus 2:5 en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)

Toe dit in die 1ste eeu nC geskryf is, was 'n vrou se rol in die huis; om te kook, skoon te maak, babas te kry en groot te maak. Dinge het nogal baie verander sedertdien. Nouja… wat maak ons hier in die 21ste eeu nC, met hierdie vers in die Bybel, hm?

 

Al het die konteks verander, het vroue steeds 'n kragtige, prominente rol in die gesinslewe. As man, is ek lief daarvoor om my vrou te dien. En as vrou, is my vrou lief om my te dien. Ons doen dit op ‘n heel verskillende wyses, maar tog dien ons mekaar; ons sorg vir mekaar soos wat ons altyd veronderstel was dit om te doen.

 

Vroue, wees wys. Wees rein. Sorg vir julle huise. Wees vriendelik en wees bereid om julle mans te dien.

 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY