God se Woord VARS vir jou Vandag

Maar ek Is ‘n Goeie Mens...

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2221

Send us a text

Openbaring 1:4,5 Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, ...en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos

As ‘n nuwe Christen, het ek gewonder hoekom Jesus vir my moes sterf. Hoekom moes Hy om my onthalwe deur al die lyding gaan? Ek is immers nie ‘n misdadiger nie. Ek het nie gesteel nie, ek het niemand ooit aangerand of vermoor nie. Hoekom moes Hy vir my sterf?

Daar sit die knoop; ek en jy is tog nie só sondig nie, is ons? Ag, nouja, ons het wel 'n paar foutjies langs die pad gemaak. En, daar is seker dinge wat ons anders sou gedoen het as ons ons lewe oor kon gehad het. Ons sou byvoorbeeld nie soveel mense seermaak het nie. Maar dis tog nie genoeg om Jesus aan die Kruis te laat sterf nie … regtig?!

Maar ons weet God is 'n heilige God; 'n God met ‘n standaard van honderd persent volmaaktheid. Hy is ook 'n regverdige God. As God inderdaad God is, en as Hy werklik bestaan, sou jy tog per slot van rekening wil hê Hy moet regverdig wees, nie waar nie?

Maar hierdie selfde God is 'n God van liefde. Hy is Geregtigheid en Liefde. Die enigste manier wat Hy gehad het om sy liefde aan ons te bewys en om terselfdertyd sy geregtigheid te laat geskied, was om Jesus, sy Seun, te stuur om gekruisig te word. Jesus moes met sy bloed betaal, sy lewe prysgee, om die prys vir jou en my sonde te betaal.

Openbaring 1:4,5 Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, ...en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos.

Soos Charles Spurgeon dit gestel het: Jou integriteit hou jou dalk uit die tronk, maar dit verg die bloed van Christus om jou uit die hel te hou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY