God se Woord VARS vir jou Vandag

Lyding vir Christus

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2229

Send us a text

Romeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Oor net 'n paar dae, op Goeie Vrydag, sal ons Jesus se kruisdood herdenk. Ons sal die prys wat Hy betaal het, die offer wat Hy gebring het, sodat ons vergewe kan word, vier.

Goeie Vrydag is nogal 'n vreemde naam. Dink jy dis gepas? Onthou, dit verwys na ‘n dag wanneer Jesus se wrede teregstelling herdenk word – ‘n dag toe Hy aan 'n Kruis vasgespyker is waar Hy ontsettende pyn gely en gesterf het. Maar weet jy, dit ís gepas om te praat van Goeie Vrydag, want wanneer ons glo in wat Jesus vir ons gedoen het, word ek en jy vergewe vir alles wat ons teen God gedoen het. En daarby word ek en jy 'n nuwe lewe gegee om hier op aarde te leef en ek en jy kry 'n geskenk om vir ewig in sy teenwoordigheid te wees.

Maar miskien is jou eie kruis van lyding hierdie Paasfees besig om jou plat te trek. Miskien is jou pyn besig om jou van alle vreugde te beroof. Miskien voel jy so afgestomp, dat jy die wonder van Paasfees en die pynlike dood en kragtige opstanding van Jesus se betekenis miskyk. Ja, dis reg, ons kan en moet ons verheug oor wat Christus vir ons gedoen het, maar …

Romeine 5:3-5 sê: Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Let wel, enigiemand wat hulself onvoorwaardelik aan Jesus oorgegee het, sal ly. Maar in daardie lyding – in jou lyding – vorm God jou karakter sodat jy meer en meer soos Christus word. Dit vul jou met ‘n vaste hoop in Hom en Hy stort deur sy Gees sy liefde in jou hart uit. Verstaan jy nou dat die benaming Goeie Vrydag baie gepas is?

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY