God se Woord VARS vir jou Vandag

God Bewys Sy Liefde Aan Ons

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2231

Send us a text

Romeine 5:7,8 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 

Vandag is die dag. Dis Goeie Vrydag. Die slegste en die beste dag op die Christelike kalender. Die slegste, want Jesus is aan ‘n Kruis vasgespyker en Hy het gesterf. Die beste, want deur sy offer kan ek en jy volkome vergewe word.

Ek sê ‘kan’, want dit is en bly ons elkeen se besluit. Indien ons ons vertroue in dit wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het, plaas en ons geloof uitleef deur weg te draai van ons sonde; dan het ons die gratis geskenk van 'n nuwe en ewige lewe. Dit is die lewe wat Hy vir ons gekoop het deur sy dood aan die Kruis. Die keuse is ons s’n. Maar as ons dit nie wil doen nie, dan doen ons dit nie.

Dit is 'n baie duidelike en eenvoudige boodskap, maar weet jy, die ding wat my jare lank teruggehou het daarvan om daardie lewensveranderende, ewigheidsveranderende besluit te neem om Jesus te volg, was die skuldgevoelens oor my eie sonde. My lewensstyl was op daardie stadium van so ‘n aard, dat ek geglo het dat ek nooit sal kwalifiseer vir God se vergifnis nie, wat nog te sê van die gratis gawe van die ewige lewe!

Maar God het altyd geweet dat mense soos ek, so sou voel. Daarom het Hy seker gemaak dat hierdie twee verse in die Bybel ingesluit is:

Romeine 5:7,8 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Jesus het nie na die Kruis gegaan ten spyte van ons sonde nie, maar as gevolg van ons sonde. En Hy het gely en gesterf vir mense soos ek en jy, as 'n vooruitbetaling vir ons sonde, 'n daad wat op die mees onmiskenbare wyse, die omvang van sy liefde vir sondaars soos ek en jy, gedemonstreer het. Nee, ons is dit nie waardig nie. Maar, verstaan jy? Dis Genade.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Mag die liefde van God vir jou, deur ons Here Jesus Christus, jou wese totaal en al oorweldig en jou lewe van vandag af verander. Mag jy hierdie gratis geskenk van 'n ewige lewe in sy Teenwoordigheid met albei hande aangryp - 'n nuwe lewe wat hier en nou, vandag, begin. En mag jou lewe sy lig laat skyn in die harte van diegene rondom jou. Dit is my gebed vir jou. In Jesus se magtige Naam. Amen! 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY