God se Woord VARS vir jou Vandag

Los Jou Sonde!

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2234

Send us a text

Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

Die gebeure rondom Jesus se dood en opstanding wat ons gedurende die afgelope paar dae gevier het, is op die oog af ‘n raaisel. Aan die een kant het Jesus daardeur vir ons vrygemaak van die mag van sonde; maar aan die ander kant … lyk dit asof sonde net voortduur, nie waar nie?

Dit laat jou dink, nè? Wanneer dit so onomwonde gestel word, is dit regtig nogal ‘n raaisel. Wag nou! Het Jesus dan nie die sonde aan die Kruis oorwin nie? Ja, Hy het, beslis. Nou waarom is daar steeds sonde in my lewe? Hoekom struikel ek telkens en val ek keer op keer voor daardie selfde versoeking? En wat, indien enigiets, kan ek daaromtrent doen?

Dit is die vrae wat enigiemand wat in Jesus glo, hulself behoort te vra. Want dit bly die sentrale dilemma van die mensdom, ten spyte van die feit dat die idee van sonde vandag in die wêreld ongewild geword het. Maar weet jy dat God dit so ernstig beskou het, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om te ly en te sterf om ons vry te maak van die mag daarvan. Kyk wat staan in:

Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

Die eerste stap is om die houvas wat sonde op ons lewens het, te vernietig, deur erns te maak met die krag van die Kruis. God se genade is nie vir jou en my gegee sodat ons kan aanhou sondig nie. Dis ook nie sodat ons dieselfde sondige lewenspatrone kan volhou en dag na dag God se vergifnis daarvoor vra nie! Geensins!

Jesus het gesterf en opgestaan om jou vry te maak. Dit is tyd om ernstig te raak oor die oorwinning van die sonde in jou lewe. Dodelik ernstig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY