God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Realiteit van Jou Nuwe Lewe

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2235

Send us a text

Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

Vandag gaan ons inspring in een van my gunsteling gedeeltes in die Nuwe Testament – dit vertel van die oorgang van ons ou lewens, wat deur sonde geteister word, na ons nuwe lewens, vry van sonde. Absoluut wonderlik!

Ek en jy weet albei dat sonde ons lewens verwoes. Daar is altyd pynlike gevolge wanneer ons dit doen, wat sondig is.

God het ons, deur die krag van dít wat Christus vir ons aan die Kruis gedoen het, uit die ou lewe van sonde geroep, om ons van daardie pyn vry te maak. Tog het so baie Christene nog nooit daardie waarheid omhels nie, want hulle besef nie wat gebeur het nie. Hulle verstaan nie die wonderbaarlike krag wat losgelaat is, toe hulle hul harte daarop gerig het om Jesus te volg nie. Kyk hier in:

Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

Besef jy nie? Die oomblik toe jy geglo het, die oomblik toe jy in Christus gedoop is, het die ou sondige ‘jy’ gesterf. Hoekom? Sodat, net soos Christus deur die heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

Ek hou hiervan. Jesus het weer opgestaan om vir jou en vir my 'n hele nuwe lewe te gee. Wil jy daardie nuwe lewe hê? Wil jy vry wees van die verwoestende gevolge van jou sonde? Laat dan toe dat die Heilige Gees, vandag, hier en nou, hierdie Woord op jou hart skryf. Want …

dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY