
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Nee Wag – Dis Waar
Romeine 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot 'n nuwe lewe. (NLV)
Ek glo met my hele hart dat God vandag vir jou wil vrymaak van die sonde wat jou teister. Wat Jesus vir jou kom doen het – is ‘n werklikheid – die sterwe van jou ‘ou mens’, en die opstanding van die ‘nuwe mens.’
Goed, ek weet dat baie mense deesdae, as jy net van sonde praat, aanstoot neem. Hulle vra jou sommer openlik hoe jy sulke gemors kan glo, nie waar nie? Maar weet jy, God neem dit so ernstig op, dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om te ly en te sterf sodat elkeen wat in Hom glo en hulle bekeer van hul verkeerde weë, vrygemaak kan word.
Gister het ons gesien dat die een wat in Jesus glo, aan die ou sondige self sterf, sodat hulle in 'n nuwe lewe kan wandel! Halleluja!
Maar sê my, is dit waar? Ek bedoel, kyk maar om jou, so baie van God se mense word steeds geteister deur die verskriklike gevolge van sonde. Kan ons werklik van die krag van sonde vrygemaak word?
Wanneer die Heilige Gees iets wil beklemtoon, begin Hy by goed en beweeg dan na beter en beste. En so is dit met vandag se Bybelvers:
Romeine 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot 'n nuwe lewe. (NLV)
Asof dit nie genoeg is dat ons met Jesus in Sy dood verenig word nie – met ander woorde, dat ons ou sondige self dood is nie – kry ons in sy opstanding ‘n nuwe lewe soos syne!
Daardie prentjie van die opgestane Christus wat uit die graf stap … dit is die prentjie van jou lewe. Dit is die waarheid. In Christus het jy 'n nuwe lewe, gevul met dieselfde opstandingskrag wat Christus uit die dood opgewek het.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.