God se Woord VARS vir jou Vandag

Dood vir die Sonde

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2239

Send us a text

Romeine 6:10,11 Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

Waarom is dit dat God soms dieselfde ding in Sy Woord herhaal? Voel jy ook partykeer lus om daardie herhalings oor te slaan, en vir jouself te sê: ag ek ken dit, ek het dit al voorheen gelees.

Gedurende die afgelope week het ons vers vir vers deur hoofstuk 6 van die boek Romeine, wat deur die Apostel Paulus geskryf is, gewerk.

En van die begin af lyk dit asof hy dieselfde ding oor en oor sê: as jy in Jesus glo, is jy dood vir die sonde en lewend vir God. Wat dink jy was die Heilige Gees se doel om Paulus te inspireer om dit soveel keer … oor en oor te sê?

Wel, soms dink ek dat ek en jy 'n bietjie geestelik hardhorend kan wees! Jammer om dit so reguit te stel, maar dit is waar.

Romeine 6:10,11 Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

Ek weet ons voel lus om hierdie gedeelte oor te slaan, maar dink mooi … is jy werklik dood vir die sonde? Leef jy werklik vir God?

Sien jy? Sonde bly lewendig, want ons het nie toegelaat dat die Heilige Gees, ons harte met hierdie lewensveranderende waarheid vul nie. Dié waarheid, dat ons deur ons geloof in Jesus met dieselfde opstandingskrag, wat Christus uit die dood opgewek het, gevul is, en daarom dood is vir die sonde.

Wanneer jy in die versoeking kom, kan jy weier om toe te gee daaraan – want deur die krag van die bloed van Christus, wat vir jou gestort is, is jy dood vir die sonde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY