God se Woord VARS vir jou Vandag

Lewend vir God

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2240

Send us a text

Romeine 6:12-14 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.

Gee jy om as ek jou vra: is jou lewe die moeite werd? Is jy gevul met 'n gevoel van vreugde wat jy glad nie in woorde kan beskryf nie? Of voel jy iets … minder as dit?

Miskien dink jy dis ‘n onregverdige vraag, want die lewe het sy uitdagings en dalk staar jy vandag sommige van hulle in die gesig?

Maar weet jy, selfs in die donkerste dae van my lewe, te midde van groot verraad en pyn, met trane wat oor my wange stroom, was daar ‘n vreugde in my hart - die blydskap van die Here. Wanneer ek terugdink aan daardie tyd, en hoewel ek dit nie vir my grootste vyand sou toewens nie, sal ek dit tog nie vir al die geld ter wêreld, verruil nie.

Op daardie stadium het ek pas my lewe vir Jesus gegee, en ek het besluit om van die sonde in my lewe weg te draai en my lewe vir Hom te leef – toemaar, dis 'n stryd waarmee ek steeds besig is. 

Romeine 6:12-14 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.

Die wonderwerk wat ek ervaar het, was dat ek besef het dat ek saam met Christus gesterf het en saam met Hom uit die dood opgewek is tot ‘n nuwe lewe. Ek het my gawes en vermoëns vir Hom begin gebruik, alhoewel dit maar baie wankelrig begin het – baie soos 'n kleuter wat net sy eerste treetjies gee. . .Nouja, dit is 'om lewend vir God te wees', en daardie ervaring is uniek en onbeskryflik wonderlik!

Mag die genade van God jou hart met 'n onuitspreeklike vreugde vul.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY