God se Woord VARS vir jou Vandag

Uit ‘n Put, nie van ‘n Troontjie Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2241

Send us a text

 Lukas 15:8-10 Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

Daardie gevoel van algehele ontoereikendheid voor God is een wat baie, baie mense, ek inkluis, al ervaar het. Wat van jou? Jy weet jy is nie waardig nie. Jy weet jy sal nooit goed genoeg wees nie.

Jesus het dit geweet, daarom het Hy verskeie gelykenisse gebruik om ons gerus te stel en vir ons vrede in ons harte te gee. Hier is een van hulle:

Lukas 15: 8-10 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

Jesus sal altyd – altyd – agter die één aan gaan. Die één verlore skaap. Die één verlore muntstuk. Die één verlore kind. Die verlore jy. Die verlore ek. Dié een! En nie noodwendig die "beste" een nie. Ek het onlangs op die woorde afgekom wat hierdie kragtige waarheid by my tuisgebring het:

God het Gideon in 'n parskuip, waar hy weggekruip het, gevind. Hy het Josef in 'n tronk gekry. Hy het Daniël in 'n leeukuil gevind. Hy het 'n eienaardige gewoonte om te midde van moeilike omstandighede op te daag, nie in die afwesigheid daarvan nie. Waar die wêreld ‘n mislukking sien, sien God ‘n toekoms. Volgende keer as jy onbevoeg voel om deur God gebruik te word, onthou dit - Hy is geneig om mense vanuit ‘n put te werf, nie van ‘n troontjie af nie.

Wanneer God jou kry en jou nader aan Homself trek, maak dit nie saak waar jy is, hoe erg jou mislukking is en hoe onbelangrik jy mag voel nie – wees verseker – daar is altyd vreugde in sy hart oor die één verlore een.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY