God se Woord VARS vir jou Vandag

Vals Leerstellinge

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2242

Send us a text

1 Johannes 4:1 Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

Hier is 'n ontstellende stukkie statistiek: daar is vandag meer as twintigduisend Christelike denominasies in die wêreld. Twintigduisend! Dis belaglik. Hoe is ek en jy veronderstel om die waarheid te ontdek as daar soveel verskillende perspektiewe bestaan?

As ek nou sommer ‘n raaiskoot moes waag, sou ek gesê het dat daar miskien een of tweehonderd denominasies bestaan. Miskien hoogstens driehonderd. Maar nie naastenby twintigduisend nie! Oukei, ek weet daar is verskillende kulture, verskillende kontekste en verskillende perspektiewe. Diversiteit is 'n goeie ding, of hoe? Maar twintigduisend?

Terwyl baie (hopelik die meeste) van daardie denominasies, en die kerke wat hulle verteenwoordig, die waarheid van die goeie nuus van Jesus verkondig, doen baie dit nie. Maar weet jy, dit is nie iets nuuts nie. Johannes, die Apostel in die eerste eeu nC, het dit so gestel in:

1 Johannes 4:1 Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

Vals profete mislei baie mense – onder andere deur die prediking van ‘n vals voorspoedsevangelie en deur selfaangestelde profete, apostels en evangeliste wat net hul volgelinge se sakke leeg tap. So baie mense word mislei! Nouja wat is die antwoord? Hoe maak ek en jy seker dat ons nie in ‘n vals leerstelling ingesuig word nie?

Wel, die enigste manier om nie deur valse lering meegesleur te word nie, is om die Skrif self te ken! Maak elke dag jou Bybel oop en laat die Heilige Gees sy woorde vanaf die bladsye uitlig en op jou hart skryf.

Dit is die beste toets van almal – wanneer die onfeilbare en onuitwisbare Woord van God, direk deur die Heilige Gees tot jou spreek. Dit is jou toets. Dit is die waarheid, want wees gewaarsku my vriend, daar is baie valse profete in die wêreld daar buite.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY