God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Grootste Voorreg

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2244

Send us a text

Romeine 8:15,16 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. 

Die inspannende fase van kinders grootmaak van my jonger jare is verby, maar ek het begin wonder hoe ek dit sal hanteer as ek 'n oupa word. Dit het my regtig gepla. Maar die oomblik, amper drie jaar gelede, toe ek klein Olivia vir die eerste keer gesien het, was my hart met liefde oorweldig.

En dit het my diep laat dink. Weet jy, dat as 'n sondaar soos ek so ‘n groot liefde vir hierdie klein kindjie kan ervaar en selfs bereid sal wees om my eie lewe te verloor om hare te red, hoeveel groter is God se liefde - vir jou en vir my . . . 

Ons lees in:

Romeine 8:15,16 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Olivia was 'n lieflike, onskuldige kind toe sy gebore is en deel van my familie geword het. Maar wanneer God ons in sy familie aanneem, is ons alles behalwe onskuldig, of hoe?

Die Kanadese teoloog, J.I. Packer, het dit so gestel: Aanneming is die grootste voorreg van die Evangelie. Die verraaier word vergewe, vir aandete ingebring en die familienaam gegee.

As jy in Jesus glo, dan is dít wat met jou gebeur het. As jy jou aan die kant van Christus skaar, dan is jy een van God se kinders en sal jy al die seëninge ontvang wat Hy vir sy mense het.

Laat dit net insink.

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY