God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Eenvoudige Seën van God

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2245

Send us a text

Levitikus 26:3-5 As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon. 

Ten spyte van die ongelooflike vooruitgang op wetenskaplike gebied, soos byvoorbeeld om 'n man op die maan te plaas, of om superrekenaars, wat in die palm van jou hand pas, te ontwerp, is die lewe op hierdie aarde eintlik redelik eenvoudig en basies.

Ek het onlangs 'n foto van ‘n oulike sê-ding, van die Farm Equipment Association van Minnesota en Suid-Dakota aanlyn gesien. Dit het gelui: Ten spyte van al ons prestasies, het ons ons bestaan te danke aan 'n ses duim laag bogrond en die feit dat dit reën.

Voeg daarby sonskyn en suurstof. Dit is wat dit verg om lewe op planeet Aarde te onderhou. Nou hoekom kompliseer ons dinge dan? Dit lyk soms asof ons te midde van die wonders van die tegnologie-era waarin ons leef, die eenvoudige, kragtige seëninge van God uit die oog verloor het.

So kom ons keer vandag terug na die basiese beginsels:

Levitikus 26:3-5 As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon.

En wat vorm die grondslag van ons bestaan op hierdie aarde in ons verhouding met die Almagtige, Liefdevolle God wat dit alles geskep het? Dit is voorwaar nie ingewikkeld nie. Hier is die bron van ongekende seëninge en rykdom, wat vir ons meer gee as al die snuisterye van hierdie aarde ooit kan bied:

Kom my voorskrifte na, gehoorsaam my gebooie en lewe daarvolgens.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY