God se Woord VARS vir jou Vandag

Hersteltyd

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2246

Send us a text

Joël 2:25 Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. (NLV) 

Het jy al ooit gevoel asof God teen jou is? Dat Hy nie meer aan jou kant is nie? Dat Hy net aanhou om hindernis na hindernis oor jou pad te bring? Teëspoed op teëspoed kwadraat? Wel, jy is nie alleen nie.

‘n Verwarrende vraag wat ons almal al vir onsself afgevra het, is: wanneer iets slegs met my gebeur – hoekom ek van alle mense! – is dit van God? En indien wel, hoe kan dit dan strook met die feit dat Hy my, na bewering, baie liewer het as wat woorde ooit kan uitdruk?

Die waarheid is dat niks op hierdie aarde gebeur sonder dat God dit toelaat om te gebeur nie. Dit beteken nie altyd dat Hy dit veroorsaak het nie. Jy verstaan tog, die oorlog in die Oekraïne was nie God se skuld nie. God weet lank vooruit wat gaan gebeur en alles pas by sy planne in.

Maar soms bring God inderdaad beproewinge en rampe oor Sy volk. Ons sien in:

Joël 2:25 Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. (NLV)

God se volk het teen Hom in opstand gekom. As gevolg daarvan het Hy teëspoed oor hulle pad gestuur. Wie het die leër teen hulle gestuur? Die Here het inderdaad. Hy neem volle verantwoordelikheid hiervoor. Kom ons kyk weer na die eerste sin van daardie vers se belofte:

Ek sal herstel ...

Soms kom teëspoed inderdaad uit die hand van God, veral wanneer ons teen Hom rebelleer. Maar sy doel – luister mooi hierna – Sy doel is altyd, altyd verlos. En Sy doel om ons te dissiplineer, is altyd om ons na Hom toe terug te bring.

Ek sal herstel wat julle... verloor het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY