God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Bestemming

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2247

Send us a text

Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. 

Wat sê jy: het jy God gekies, of het Hy jou gekies? Wat het eerste gekom, die hoender of die eier? Dit is 'n verwarrende vraag, maar nie 'n onberekenbare een nie. Kom ons sit koppe bymekaar. . . 

Hierdie vraag oor wie vir wie gekies het, is 'n hewige debat, en nie slegs onder Christene nie! Vanuit 'n ateïs se perspektief is die idee dat God die mense wat in Jesus glo, uitkies, en dat hulle in die hemel, eerder as in die hel beland, 'n ondenkbare idee.

En omgekeerd, lyk die idee dat ons God kan kies, sonder dat Hy ons kies, na ‘n ondermyning van sy absolute soewereiniteit. Nouja, kom ons kyk wat Jesus hieroor sê:

Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.

Dit is duidelik dat dit God is wat (a) vir Jesus gestuur het om ons te red en (b) dat Hy ons na Christus toe trek sodat dié wat in Jesus geglo het, op die laaste dag opgewek sal word. Dit is hulle beloning in Christus. En wat van die ander mense?

Wel, daar was 'n tyd in my lewe toe God die Vader my geroep het, maar ek het Hom verwerp. En baie mense doen presies dieselfde ding. Ek kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek het 'n voorgevoel dat God op een of ander stadium feitlik almal deur Jesus na Homself roep. 

Sommige van ons aanvaar die uitnodiging, ander verwerp dit. God het altyd geweet hoe ons sal reageer, maar dit keer Hom nie om die uitnodiging te rig nie. Wel, as jy nog nooit uitgenooi is nie - vandag is jy! Sal jy Jesus volg? Kies jou lot.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY