
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Ontvang Wysheid
Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig..
Ons dink dikwels dat hoe ouer ons word, hoe wyser word ons. Dis mos wat veronderstel is om te gebeur? Maar weet jy, daar bestaan nie 'n direkte korrelasie tussen ouderdom en wysheid nie.
Dit is een ding om baie inligting te hê en om kennis te hê - maar dit is heeltemal 'n ander ding om te weet wat om met daardie kennis te doen. Jy kan slim wees, maar soos baie mense byvoorbeeld 'n gebrek aan emosionele intelligensie hê. Jy kan hoogs intelligent wees, maar steeds onbevoeg wees om mense se emosies waar te neem, of insig in situasies te hê en deernis te toon wanneer dit nodig is.
Nou ja, hier is die vraag: hoe groei ek en jy in wysheid? Dit is iets wat ons almal onsself moet afvra, want nie een van ons het al die antwoorde nie. Nie een van ons het ‘n vlak van volmaakte kennis bereik nie.
Dit blyk dat, soos die meeste dinge, kom wysheid deur inoefening. Kom ons kyk in:
Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
Dit blyk dat wysheid en begrip soos spiere is wat ons kan kies om te oefen of nie te oefen nie; vermoëns wat óf sterker óf flouer kan word. Hoe kan ons werklik wys en verstandig word? Deur reg te lewe en elke dag goed aan ander mense te doen sonder om daaroor te spog en sonder om erkenning te verwag en in nederigheid net stap vir stap, goed te doen.
Aan wie kan jy dink wat op die oomblik net ‘n behoefte aan ‘n bietjie aandag het? Wie het vandag net ‘n klein bietjie vriendelikheid nodig, of aanmoediging, of 'n bietjie praktiese hulp?
Wanneer ons onsself verneder en goed doen aan hulle, sal ons terselfdertyd in wysheid groei.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.