
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘Duiwelse’ Wysheid
Jakobus 3:14,15 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,
Ons het dikwels die idee in ons koppe dat daar groter en kleiner sondes bestaan. Moord, diefstal, owerspel – dit is regtig erge sondes. Selfsug, jaloesie, grootpratery – nou ja, hulle is nou nie goed nie … maar hulle is sekerlik nie sulke vreeslike groot sondes nie?
Ek is nie seker waar die gewoonte vandaan kom nie, maar die meeste van ons verskoon ons eie slegte gedrag deur 'n knipoog en 'n stampie aan die ander ou se arm; want al weet ons dat dit verkeerd is, is dit tog nie só verkeerd nie.
Wanneer laas het jy daardie jaloesie, wat jou iemand anders laat afkraak deur hulle agter hulle rug te kritiseer, in jou hart voel opborrel? Iets so eenvoudig soos dít kan ongekende skade veroorsaak, maar ons swyg daaroor om seker te maak dat dit vergete bly en maak asof dit glad nie belangrik is nie.
En tog noem God jaloesie en selfsug en 'n nog paar ander … duiwelse wysheid. Kyk wat staan hier in:
Jakobus 3:14,15 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,
Gister het ons gesels oor goddelike wysheid – om dag na dag in nederigheid goed te doen aan ander. Maar selfsug, jaloesie en grootpratery is beslis die teenoorgestelde daarvan, dit kom van Satan, die vader van leuens.
Kom ons verstaan baie mooi: dit is tyd om op te hou om verskonings te maak; tyd om op te hou om onsself die lisensie te gee om sulke verkeerde denkpatrone en emosies toe te laat. Hoekom? Omdat hulle vernietigend is; omdat hulle so ver verwyder is van die nederigheid en goedheid wat die Here ons God – dié een wat Jesus gestuur het om vir ons te sterf – vir ons begeer.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.