God se Woord VARS vir jou Vandag

Jaloesie en Selfsug

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2250

Send us a text

Jakobus 3:16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 

Jaloesie en selfsug is twee van die mees basiese menslike emosies. Hulle manifesteer al van 'n baie vroeë ouderdom af -van wanneer 'n kind begin om sy eie wil uit te oefen.

Dit is 'n ontnugterende gedagte, nè? Maar jy weet waarvan ek praat. Ons het dit almal al gesien. Een kind sien iets waarmee ‘n ander een speel – dalk ’n pop of ’n rooi brandweerwa – en hulle wil dit hê. Hulle gryp en neem dit af en laat die ander kind skree.

Dit is 'n gedrag wat biljoene keer daagliks dwarsoor die wêreld plaasvind en nie net onder kinders nie, maar ook tussen volwassenes, tussen groepe mense, stamme en ja, selfs tussen nasies. En wanneer hierdie jaloesie- of selfsugtigheidspatroon buite beheer raak, is daar konflik; selfs oorloë en mense word vermink en vermoor as gevolg van 'n gedragspatroon wat ons, toe ons grootgeword het, al moes afgeleer het, maar nooit afgeleer het nie.

Hoor hier:

Jakobus 3:16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 

Dit is presies waaroor ons sopas gesels het. Waartoe lei jaloesie en selfsug? Wanorde en allerhande boosheid – ja, talle vorme van gemene dade.

Dít, my vriend, is 'n teken vir mense soos ek en jy om ons reg te ruk. Dit is tyd dat ons ophou om die skade wat jaloesie en selfsug veroorsaak, toe te smeer. Dit is tyd dat ons dit konfronteer, om hulle keelaf te sny elke keer as hulle hul lelike kop wil lig, want hoe langer ons hulle toelaat om voort te gaan, hoe erger word dinge.

Al is dit sommige dae moeilik om nederigheid en opoffering uit te leef, weet ons dit lei tot goeie uitkomste. Maar, waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY