God se Woord VARS vir jou Vandag

Wysheid wat van Bo kom

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2251

Send us a text

Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 

Die meeste van ons sal erken dat ons nie so wys is as wat ons graag sou wou wees nie en dat ons nog baie het om te leer om dié mens te word, wat ons intuïtief weet, God wil hê ons moet wees.

Ons het gedurende die laaste paar dae gesels oor goddelike wysheid -  hoe om dag na dag in nederigheid goed te doen. Ons het ook gekyk na duiwelse wysheid - selfsug, jaloesie, en grootpratery.

Daar bestaan 'n skrille kontras tussen daardie twee pole, nie net in die Skrif nie, maar ook in ons eie harte en in ons eie lewens. Ek wil graag vandag by die tafel langs jou kom sit en saam God se wysheid geniet. Is dit reg so? Kan ek by jou aansluit? Wil jy van kop tot tone tot oorlopens gevul word met wysheid wat van Bo af kom?

Wel, hier is dit. Ontvang met jou verstand, jou siel en jou gees – want die Woord van God is lewend en aktief:

Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

Hoe anders sal ons lewensreis nie lyk as ek en jy die res van ons lewens konsekwent volgens hierdie wysheid, leef nie?  Hoeveel beter sal ons lewens nie wees nie? Hoeveel ryker sal ons verhoudings nie wees nie? Hoeveel te meer sal diegene rondom ons nie vir Christus, in alles wat ons sê en doen, sien nie?

Hier is nou die uitdaging: mediteer op jou eie tyd elke oggend vir die volgende week saam met die Here oor hierdie een vers. Pas dit dag vir dag getrou in jou lewe toe en kyk wat die Here in jou en deur jou sal doen.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY